Welkom
Die wildsplaaslewe op Shayamanzi en sy passievolle luiperd projek kan nou op internet, wêreld
wyd gevolg word. Shayamanzi is ʼn privaat wildsplaas in die Waterberge. Dit wat jy lees, hoor en sien is ʼn produk van my, Jannie Parsons se beskeie opinie en beperkte kennis.
Elke punt vertel ʼn afsonderlike storie maar is ook ʼn belangrike komponent van die geheel.
In aksie
Die is losstaande oomblikke agter die skerms. Die fokus is op die stukkie inhoud en nie noodwendig ʼn hoë kwaliteit geredigeerde produksie nie.
Luiperd Misterie
'n Dagboek oor ons luiperds....Lees, luister en kyk gerus na ons inhoud.
Luiperd Karakters
Die inligting van ons luiperd karakters wat ons oor die jare versamel het en steeds versamel sal mettertyd op die webtuiste geplaas word. Alhoewel luiperds uiteenlopende karakters en gedragpatrone het en verskillend reageer, is daar baie ooreenkomste in gedragspatrone en reaksies.
Shayamanzi wildsplaas
Plekname op ʼn wildsplaas is belangrik vir kommunikasie en oriëntering. Die verskillende plekke vorm almal saam ʼn groot netwerk waaruit die inhoud vir ons dagboekstories
en fotografie van die wild en luiperds op Shayamanzi gedoen word.
Regstreekse Wildlewe
Op die manier sal ons kliënte lewendig/regstreeks/”live”/nou / in “realtime” verskillende kameras kan sien en ervaar.
Vooraf Verfilm
Deur na die voorafopgeneemde materiaal te kyk, die dagboek opmerkings te lees, mooi te kyk watter tyd van die dag en watter seisoen dit is sal dit die kyker baie help om mettertyd ʼn gevoel te ontwikkel wat om waar en wanneer te verwag as ʼn regstreekse kamera aan is.
Hoogtepunt
Ons ideaal is om elke dag ʼn “Hoogtepunt” op die webtuiste te plaas. Dit mag ʼn foto, video, klank, skets of net ʼn sin of twee wees wat ʼn Bosveld oomblik vasvang.
Navorsing
Navorsing en wetenskap is die ruggraat van die Shayamanzi luiperd projek. Die top kenner van luiperds (veral die kalahari-luiperd), ʼn wêreld bekende wetenskaplike met meer as 18 gepubliseerde boeke en meer as 100 gepubliseerde wetenskaplike opinies, die redakteur van die bekendste boek in die wildbedryf: Wildsplaasbestuur (vyfde uitgawe – Nov 2009) medeskrywer saam met Clive Walker van: “The Soul of the Waterberg” en “Larger Carnivores of the African Savannas” is Prof. J. Du P. (Koos) Bothma. Hier gaan van sy wetenskaplike interpretasies en opservasies van sekere videos en fotos geplaas word asook artikels en sy nuwe boek Silk and Sand.
Bewusmaking
Kameras gee ʼn visuele blik op die roofdiere en kameras is seker die belangrikste tegnologiese instrument om mense bewus te maak van luiperds.
Jou volgehoue bydrae en
besoeke aan die webtuiste is ʼn kompliment vir die produk wat ons skep. Mag die produk waarde en sin toevoeg tot elke lid se lewe.
Last Updated (Thursday, 24 June 2010 18:57)

